On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

APAC ondersteun voorkomingsmaatreëls vir #Coronavirus, varsprodukmarkte nie gesluit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:04 Mon, 23 Mar 2020

APAC ondersteun voorkomingsmaatreëls vir #Coronavirus, varsprodukmarkte nie gesluit | News Article
FOTO: APAC

Suid-Afrikaners het gisteraand in spanning gewag op pres. Cyril Ramaphosa om die regering se bykomende planne bekend te stel in terme van voorkomingsmaatreëls om die verspreiding van die koronavirus te voorkom.


Ramaphosa was egter tot laat in 'n vergadering en sal na verwagting die land vandag toespreek. Intussen sê die Landbouproduk-agenteraad, APAC, hy ondersteun die regering ten volle in sy pogings. Die registrateur van APAC, Francois Knowles, sê dié raad, wat varsprodukte uitvoer asook lewende hawe agente reguleer, staan bankvas agter die regering se voorkomingsmaatreëls wat Ramaphosa verlede Sondag in plek gestel het. 'n Nasionale ramptoestand is toé aangekondig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Knowles gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


APAC wil 'n leidende rol speel in dié verband, want die land kan dit nie bekostig dat dié bedrywe (varsprodukte, uitvoer en lewende hawe) tot stilstand gedwing word nie. Sowat R130 miljard word jaarliks deur dié bedrywe gegenereer. Dit kan nie geldelik en uit 'n voedselsekerheid-perspektief plaasvind nie, want die volgehoue beskikbaarheid van kos tydens die uitbreking van die koronavirus is van kritiese belang.

Knowles sê daarom is die tegniese taakspan, wat op 16 Maart deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, saamgestel is en uit georganiseerde landbougroeperings bestaan, uiters noodsaaklik. Dié taakspan het ten doel om die uitbreking asook die impak van die koronavirus (Covid-19) in die landboubedryf te monitor en 'n adviserende rol te speel. Daar word gefokus op die blootstelling van dié virus op die arbeidsmag in die bedryf, die impak van die virus op die landbouwaardeketting, kredietterme van die banksektor en die sosio-ekonomiese impak van die koronavirus.

Dié komitee het verlede Donderdag vergader en drie sub-taakspanne is gevorm om aandag te skenk aan kommunikasie, die ekonomie en die sosiale impak. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, behartig die kommunikasie gedeelte. 

Hy sê op die gebied van varsproduktemarkte is voorsorgmaatreëls in plek en gesondheids- en veiligheidsmaatreels, veral by die Johannesburgse en Durbanse varsproduktemarkte, is in plek. Hy het gerugte dat die Johannesburgse mark gesluit is, verwerp.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.