On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Vraag na SA produkte kan afneem, plaaslike landbou kan egter uitvoer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:07 Tue, 24 Mar 2020

 Vraag na SA produkte kan afneem, plaaslike landbou kan egter uitvoer    | News Article

Daar is 'n waarskynlikheid dat die vraag na sekere Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte, soos vrugte, ietwat kan afneem, indien ekonomiese toestande in die wêreld weens die Covid-19 pandemie in ag geneem word.


Dit is volgens Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB-landbou, wat meen in die vrugtebedryf, onder meer, is dit belangrik dat daar nou gelet word op waarheen daar uitgevoer word. Hy meen juis in terme van 'n produk soos sitrus, wat nou in die volgende paar maande nader aan oestyd kom, is dit noodsaaklik om te kyk na watter markte daar uitgevoer word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Maree gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die voordeel vir die sitrusbedryf is dat dit redelik gevestigde markte het wat verbruik betref. 

Suid-Afrika is nou in 'n gunstige posisie om uit te voer al word daar meegeding met ander lande soos Argentinië en Chili. Hawens in China keer terug na normaal, nadat die Covid-19 pandemie daar in 'n mate onder beheer is, en daarom kan die uitvoer van produkte na China voortgaan. Mense in dié land moet ook kos kry en dit moet ingevoer word.

Maree meen die sluiting van grensposte en hawens ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging verlede Sondag dat daar 'n verbod op die samekoms van 'n honderd mense of meer is,  geld slegs vir mense, maar as werkers nie beskikbaar is om goedere uit en in te voer nie, kan dit problematies raak. Dit is daarom belangrik vir Suid-Afrika om seker te maak dat daar uitgevoer kan word na lande soos China, asook ander Europese lande. Ramaphosa het egter gisteraand 'n nasionale inperking aangekondig.

Volgens Maree is lae ekonomiese groei 'n gegewe in Suid-Afrika, maar weens die uitbreking van die koronavirus gaan dit waarskynlik neerkom op 'n resessie. Voorspellings van afwaartse groeisyfers is gemaak en FNB het ook afwaartse aanpassings gemaak. 

Hy is egter positief oor die groeikoers in die landboubedryf, omdat die bedryf van 'n laer basis groei weens die resessie in die bedryf verlede jaar. Produksie-omstandighede is egter baie positief in die stadium vir die graan- en rooivleisbedrywe, met goeie reën wat voorgekom het.  

As daar gekyk word na die landbousakekamer, Agbiz, se vertrouensindeks, blyk dit ook dat landboubesighede meer positief is oor die toekoms van landbou.

Dit was Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB-landbou, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.