On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Kosproduksie gaan voort ondanks #Coronavirus-inperkings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:29 Wed, 25 Mar 2020

Kosproduksie gaan voort ondanks #Coronavirus-inperkings | News Article

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van 'n nasionale inperking weens die Covid-19 pandemie vanaf eerskomende Donderdag om middernag vir 21 dae, is uiterste maatreëls, maar dit is nodig in 'n hoë risiko land soos Suid-Afrika.



Dit is volgens Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur, wat meen weens 'n groeiende bevolking en mense wat met MIV/Vigs en tuberkulose besmet is, moet dié streng maatreëls nou toegepas word. Hy sê egter landbouverwante operasies soos die voorsiening en produsering van kos, fitosanitêre maatreëls, chemiese en kunsmisbedrywe, sal egter voortgaan. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê bepaalde stipulasies deur die regering in terme van landboubedrywighede wat kan voortgaan, sal deur die regering bekendgestel word, en meer duidelikheid sal verskaf word wat dit behels en hoe dit die landbou raak. Juis daarom moet die landbougemeenskappe mekaar ondersteun, want dit is produsente wat 'n waardevolle bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika lewer.

Van Zyl sê Suid-Afrika is 'n voedselseker-land en daar word voortgegaan om die koswaardeketting in stand te hou in terme van produksie en die lewering van kos. Daarom voorsien Agri SA nie dat verbruikers voortaan leë rakke hoef te verwag nie. Daar is wel leë winkelrakke in sekere afdelings in kettingwinkels en supermarkte, maar dit is weens skielike paniekaankope deur verbruikers. 

Die regering se ferm hand oor handelaars wat dié situasie nou uitbuit en prysverhogings inste is goed, sê hy. Verbruikers kan nie in tye van nood uitgebuit word nie, maar daarmee saam moet dit aanvaar word as daar 'n drastiese afname in beskikbare produkte is, sal die prys daarvan styg volgens 'n mark-ekonomiese beginsel.  

Dit was Omri van Zyl,  Agri SA se uitvoerende direkteur, slegs op Before Dawn.  


OFM-nuus
















Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.