On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Regulasies oor uitvoer van nie-kosprodukte nodig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:29 Tue, 07 Apr 2020

Regulasies oor uitvoer van nie-kosprodukte nodig | News Article

Die Landbousakekamer, Agbiz, meen die hele voedselwaardeketting is in werking tydens die nasionale inperking om die verspreiding van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te beperk.


Agbiz se uitvoerende hoof, dr. John Purchase, sê 'n moniteringstelsel, wat in samewerking met die Buro vir Voesel- en Landboubeleid, BFAP, in plek gestel en op 'n punt-tot-punt stelsel in dié ketting gegrond is, toon dit funksioneer heel goed. Hy sê daar is egter op sekere gebiede soos die kleinhandelbedryf, asook die verspreiding van kos na armer gemeenskappe, haakplekke in die waardeketting.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Purchase sê die informele mark vorm deel van sowat 30% van die land se kosverbruik, wat deur dié mark versprei word. Daar was ook tydens die nasionale inperkingsperiode wat nou in sy twaalfde dag in Suid-Afrika in plek is, ook 'n probleem ten opsigte van die uitvoer van vrugte. Dit was weens die vermoeëns van Suid-Afrikaanse hawens, maar dié kwessie is hopelik uitgesorteer en sal na verwagting vandag weer goed op dreef kom. Hawens het hul vermoeëns nou met tussen 70% en 90% verhoog, en dit is nodig omdat dit nou 'n besige tyd in die landbou-uitvoerbedryf is.

Volgens Purchase is die uitvoer van nie-kosprodukte soos wol, katoen, wyn asook huide en velle, ook 'n probleem wat dringend aangespreek moet word. Dié produkte word nie as noodsaaklik beskou in die regering se Covid-19-protokol, wat gevolg moet word tydens die nasionale inperkingsperiode nie. Hy hoop die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sal werk daarvan maak om die uitvoer van dié waardevolle ekonomiese bedrywe te laat voortgaan, deur aanpassings aan dié protokol te maak.  

Ook die tabakbedryf word geraak deur die verbod op die verkoop van sigarette tydens die inperkingsperiode.

Dit was John Purchase, die uitvoerende hoof van die Landbousakekamer, Agbiz, slegs op die Agri-Uur. Skakel Woensdagoggend in tussen 05:00 en 06:00 vir OFM se Agri-Uur, wanneer die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, van die kwessies wat deur Purchase uitgelig is, aanspreek. 


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.