On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Die prys van stoor-lammers en speenkalwers onder druk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:39 Thu, 09 Apr 2020

Die prys van stoor-lammers en speenkalwers onder druk | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingpryse wat op lewendehawe-veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST

 

Hy sê te midde van die Covid-19-pandemie, wat in sekere mate 'n negatiewe uitwerking het op sekere landboubedrywe, onder meer ook veilings van lewende hawe, is daar 'n greintjie hoop oor die toekoms van die bedryf, veral met die goeie verwagte graanoes op landerye. Dit sal hopelik daartoe lei dat die swak Rand goeie pryse oplewer, meen Derksen. 

Hy sê in die stadium is dit moeilik om 'n akkurate prys vir lewende hawe, wat op veilings behaal is, te verskaf. Daarom gee hy terugvoer oor prystendense. 

Volgens hom is die prys van diere wat gestoor word, soos lammers en speenkalwers, onder geweldige druk. Daarmee saam is die informele mark, wat fokus op boerbokke, ook nie na wense nie. Pryse in dié mark is laag. 

Hy sê die tendens rondom die prys van speenkalwers het vandeesweek gewissel van tussen R29,00 per kg en R30,00 per kg.


Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste - R26,50 per kg

C-klas vet koeie - R20,50 per kg

Slagbulle - R21 per kg

Skape: 

Slaglammers - R33,00 per kg

Vetskape - R25,50 per kg

 Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



 




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.