On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

DA ontevrede oor 'eensydige' #Covid19-hulpverlening

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:49 Thu, 09 Apr 2020

DA ontevrede oor 'eensydige' #Covid19-hulpverlening  | News Article

Die DA in die Noord-Kaap verwelkom die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se poging om Covid-19-hulp aan opkomende klein- en bestaansboere ter waarde van R1,2 miljard te verleen.


Provinsiale leier van dié party, Andrew Louw, sê dit is goed dat die regering dié boere wil help om van die grond af te kom, maar dit is ook belangrik vir die DA om seker te maak die regering gee nie slegs voorkeur aan sekere boere nie. Hulp moet deur die bank aan boere verleen word. Dit sluit veral kommersiële boere in. Die aansoekproses vir die departement se Covid-19-ingryping vir opkomende kleinboere het gister begin en duur tot 22 April. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Louw gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Die landbouminister, Thoko Didiza, het vandeesweek aangekondig dié departement se ingryping is  hoofsaaklik gemik op kleinboere en boere in kommunale gebiede. Louw sê egter kommersiële boere bly nou ook in die slag. 

"Dit is vir die DA in die Noord-Kaap ietwat van 'n bekommernis, dat dit wil voorkom of kommersiële boere uit dié proses gelaat word."

Hy sê die landbougemeenskap het deur die bank in dié provinsie nog nie eens van die voortslepende droogte herstel nie, en nou staan hulle voor die uitdaging van die Covid-19-virussiekte. "Dit is 'n dubbelle slag as jy my vra." 

"Dit is daarom belangrik dat die regering oor sy Covid-19-ingryping vir klein- en bestaansboere moet besin en ook hulp aan kommersiële boere moet verleen. Dit moet in berekening bring word dat wanneer hulp aangebied word deur die regering, dit op 'n regverdige grondslag moet geskied," sê Louw.

Dit was Andrew Louw, die leier van die DA in die Noord-Kaap, slegs op OFM se Agri-uur. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.