On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: Daar is uitdagings vir boere in Noordwes, maar hulle steeds toegewyd

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:40 Fri, 10 Apr 2020

#Covid19: Daar is uitdagings vir boere in Noordwes, maar hulle steeds toegewyd | News Article

Die landboubedryf is die belagrikste sektor vir die ekonomie in Noordwes.


Dit is volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes wat meen al is daar groot uitdagings wat boere in die gesig staar, kan hulle onder moeilike omstandighede aanpas. Du Toit sê daar is uitdagings vir boere in dié provinsie ten opsigte van die nasionale inperking wat 'n poging deur die regering is om die verspreiding van die Covid-19-virussiekte te beheer, maar produsente is positief en produseer met groot toewyding steeds kos vir verbruikers. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die inperking het in 'n mate 'n negatiewe uitwerking op sekere gebiede in die landboubedryf in Noordwes.  Dit sluit in die koste van vervoer van  plaaswerkers, wat  'n groot faktor is. Met die beperking daarop, dra dit redelik by tot 'n dramtiese verhoging in vervoerkoste. Daarmee saam speel die koste verbonde aan beskermende gesondheidmaatreëls op plase ook 'n rol wat weer druk plaas op die bestuur van 'n plaas en 'n boer om te verseker dat plaaswerkers dié maatreëls nakom.   Daar is ook nou minder seisoenale werkers in diens weens die beperkings, sê hy. 

Dié nasionale inperking van 21 dae wat volgende week verstryk, indien die regering dit nie verleng nie, het ook 'n groot invloed op informele handel en afset.  Hy sê dit is vir sommige produsente 'n groot kwessie dat straatverkopers nie toegelaat word om hul produkte te verkoop nie. 


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.