Agri Hour
Noord-Kaapse landbou-LUR vra kommersiële boere se geduld─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:51 Fri, 10 Apr 2020
Klein- en bestaansboere in die Noord-Kaap word nou aangemoedig om aansoek te doen vir die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se Covid-19-ingryping om R1,2 miljard se hulp aan hulle te verleen.
Die LUR van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling in die Noord-Kaap, Nomandla Bloem, sê die aansoekproses is oop en duur tot 22 April. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie en amptenare van dié provinsiale departement is gereed om dié boere behulpsaam te wees. Dit kom nadat mininster, Thoko Didiza, vandeesweek aangekondig het, dié hulp is hoofsaaklik beskikbaar aan opkomende kleinboere wat geldelik onder druk is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat....
Sien onderstaande PODCAST
Didiza het gesê kommersiële boere, kan hulle tot Landbank en kommersiële banke wend vir lenings. Bloem sê voedselsekuriteit in die Noord-Kaap is van groot belang en moedig kleinboere aan om van dié hulp gebruik te maak.'n Maksimum van R50 000 per boerdery is goedgekeur aan kleinboere wat aansoek doen. Dié boere sal egter nie geld ontvang nie, maar koopbewyse waarmee hulle benodighede vir hul boerdery kan aankoop. Dié koopbewysstelsel is in samewerking met verspreiders en vervaardigers van landbou-insette.
"Ons het 'n beroep gedoen op klein- en bestaansboere om vir dié finansiering aansoek te doen," sê Bloem. Sy moedig boere aan juis omdat voedselsekerheid in dié provinsie van kardinale belang is.
Bloem sê hierdie keer word kleinboere deur die regering gehelp en kommersiële boere, wat 'n verskil maak in die bedryf, se beurt om hulp sal kom, sy glo vas daarin, "maar hierdie keer gaan ons nie na hulle toe kyk nie." Kommersiële boere moet nou geduldig wees.
OFM-nuus
