On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: Katoen SA hoopvol oor uitvoerregulasies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:53 Tue, 14 Apr 2020

#Covid19: Katoen SA hoopvol oor uitvoerregulasies | News Article

Katoen SA is bekommerd oor die uitvoer van skoon katoen wat nie plaasvind tydens die nasionale inperking nie, wat nou met twee weke verleng is tot die einde van April.


Hoofbestuurder van Katoen SA, Hennie Bruwer, sê skoon katoen word nie geklassifiseer as 'n essensiële produk nie, omdat dit nie kos is nie.Suid-Afrika is 'n groot uitvoerder van katoen en verhandeling vind nou nie plaas nie, weens die regering se Covid-19-protokol. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Bruwer gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê saad vir katoenvesel word wel in die voedselketting gelewer. Katoen SA is tans in gesprek met die regering om die verhandeling van katoen te  laat geskied, en Bruwer is egter hoopvol dat die Suid-Afrikaanse regering oortuig kan word, om 'n vergunning te maak sodat dié vesel wel uitgevoer kan word. OFM-nuus kan bevestig dat dit egter intussen geskied het en die uitvoer van katoen kan nou plaasvind.  

Volgens hom lê katoenvoorrade in pakhuise en kan nie uitgevoer word nie. Indien verhandeling nie plaasvind nie, is daar geen likiditeit, wat deurtrek na boere op grondvlak. Hulle is onder druk met kontantvloei.  Werknemers lei daar onder asook die vestiging van nuwe oeste kan nie bevestig word nie.

Bruwer sê die Suid-Afrikaanse katoenbedryf het in die vorige seisoen 220 000 bale gelewer, wat 'n groot verbetering is teenoor vorige jare se oeste. Die nuwe katoenoes, wat in die komende weke gelewer word, sal na verwagting 150 000 bale vesel oplewer.

Dit was Hennie Bruwer, Hoofbestuurder van Katoen SA, slegs op die Agri-uur. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.