On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agri Hour

Hoenderbedryf fokus op en ondersteun ook kleinboere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:46 Fri, 17 Apr 2020

 Hoenderbedryf fokus op en ondersteun ook kleinboere  | News Article

Die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging, SAPV, reik uit na kleinboere in dié bedryf.


Izaak Breytenbach van dié vereniging sê daar is interaksie op verskeie wyses met dié boere. Dit sluit onder meer in dat die SAPV as fasiliteerder optree met betrekking tot die regering se R1,2 miljard Covid-19-hulp aan hoofsaaklik kleinboere. Hy sê van die SAPV se kant af word daar met groot- en kleinboere op 'n gereelde grondslag gekommunikeer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Breytenbach gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar word direk met sowat 690 kleinboere gekommunikeer en in terme van die regering se Covid-19-ingryping is kleinboere eerstens ingelig oor dié hulp. Daar is ook namens hulle die nodige kontak gemaak met die nodige betrokkenes rondom die aansoekproses, om sodoende die bal aan die rol te sit. 

Volgens Breytenbach het die SAPV in die afgelope twee weke ‘n groot rol gespeel in terme van kommunikasie met dié boere wat in landelike gebiede gevestig is en nie toegang het tot die media en ander tegnologie nie. Die SAPV het ook gefokus om dié boere in te lig oor die omvang van die koronavirussiekte, nie slegs in die werksplek nie, maar ook hy hul huise.  

Daar is ook hulp verleen om dié boere, wat lewende hoenders produseer, te laat registreer by die plaaslike munisipaliteit sodat hulle hul produkte kan verkoop. Dié proses is namens dié boere deur die SAPV gefasiliteer.  

Dit is belangrik dat dit kleiner boere in staat te stel om voort te gaan met produksie en toe te sien dat hulle marktoegang het. Daar was aanvanklik 'n probleem met die geslote mark vir dié boere se produkte, maar dié lewende hoendermark is intussen weer oopgestel. Dit is belangrik om te let dat dié mark nie deur groot- of kleinhandelaars bedien word nie.  

"Ek dink die regering het geweldig goed gedoen om daai deel van ons bemarkingsketting weer oop te stel vir kleinboere om hulle op die plase te hou." 

Daarmee saam glo Breytenbach dié regeringshulp kom op die regte tyd en sal dié boere weer help om op die been te kom veral nadat daar vermoedelik 'n afname was in kleinboere wat opgehou het met boer. Dit word afgelei deur die SAPV se verskaffing van kuikens en veevoer aan boere se vlakke wat afgeneem het.


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.