On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Country Bird Holdings, fokus op voedselsekerheid tydens #Covid19

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:09 Mon, 20 Apr 2020

Country Bird Holdings, fokus op voedselsekerheid tydens #Covid19 | News Article
FOTO: CBH

Die voedselwaardeketting is van kritieke belang vir voedselsekerheid in Suid-Afrika, ondanks verskeie uitdagings in die hoenderbedryf. veral ten opsigte van die Covid-19-pandemie.


Dit is volgens Marthinus Stander, uitvoerende hoof van Country Bird Holdings, CBH,  'n landboubesigheid wat plaaslik asook in Afrika goed gevestig is.   Stander sê Country Bird Holdings, wat in Mahikeng, Klerksdorp, tussen Coligny en Hartbeesfontein in Noordwes  en by Bothshabelo by Bloemfontein, gesetel is, het meer as 4 000 werknemers plaaslik in sy diens.  Meer as 2000  mense in Afrika is by Country Bird Holdings werksaam. Stander sê daar is daaglik kleiner krisisse , wat tydens die nasionale inperkingstydperk opduik, en hanteer moet word, maar daar is groot dankbaarheid dat dié bedryf met produksie kan voortgaan.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Country Bird Holdings besit en bedryf die hele waardeketting in terme van voer en die broei van hoenders. Dit sluit hoenderplase asook die prosessering en verspreiding, asook verkope van produkte in. Hulle voer hoofsaaklik uit na Afrika-lande, en is ook in Nigerië, Zambië, Botswana en Mosambiek gevestig.

Hy sê nog 'n uitdaging in dié grendeltydperk is die moontlike blootstelling van country Bird Holdings se werknemers aan die gevaar van die Covid-19-pandemie, en werknemers se welstand is altyd belangrik, maar veral nou, omdat die werklike "helde" die mense is wat in abattoirs met prossesering voortgaan. Country Bird Holdings het egter die nodige veiligheidsmaatreëls in plek en die gesondheidsdepartement lê gereelde besoek af aan dié abattoirs, sê hy.

Dit was Marthinus Stander, uitvoerende hoof van Country Bird Holdings slegs op die Agri-Uur. Om weer na hierdie Podcasts te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en the Agri Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou jongste landbounuus.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.