Agri Hour
Reën word verwelkom, maar kan nou impak op graanoeste hê─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:18 Mon, 20 Apr 2020
Goeie reën die afgelope paar weke word wyd met ope arms deur produsente verwelkom, maar dit kan veral dié tyd van die seisoen, 'n negatiewe uitwerking op somergraangewasse hê.
Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbou-weerkundige, sê veral boongewasse, wat droë- en sojabone insluit, is meer kritiese gewasse, wat deur dié nat toestande geraak kan word. Indien dié bone té lank op landerye staan, en nie gestroop word nie, kan probleme ontwikkeling. Hy sê sonneblom word egter nie té veel deur bewolkte en nat toestande geraak nie, en mielies is ook meer teen dié toestande bestand, maar die stroopproses kan egter daardeur vertraag word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van den Berg gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê indien die reën voortduur kan dit tog 'n uitwerking op die gehalte van dié grane hê, veral in sekere produksiegebiede soos die Oos-Vrystaat, waar droogte daartoe gelei het dat van die gewasse reeds swakker weerstand ontwikkel he.
Volgens hom is daar altyd blydskap oor reën, maar veral dié tyd van die seisoen, kan dit tot siektes, peste en plae lei.
In veral die Oos-Vrystaat dra koel en bewolke toestande daartoe by dat graan op landerye nie verder groei nie. Daar was laat mielieaanplantings in dié gedeelte van die Vrystaat en met lae nagtemperature vertraag dit die groeiproses al is daar genoeg vog beskikbaar, word meer hitte-eenhede (warmer temperature) benodig.
Daarmee saam moet die moontlikheid van ryp ook nie uitgelaat word nie. Hy sê rypskade kan voorkom, veral met koue fronte, wat deur die land beweeg.
OFM-nuus
