Agri Hour
Country Bird Holdings verskaf hoender aan behoeftige gemeenskappe tydens #Covid19─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:17 Tue, 21 Apr 2020
Country Bird Holdings reik uit na behoeftige gemeenskappe, veral tydens die nasionale inperkingstydperk, wat in in werking gestel is, om die verspreiding van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te verhoed.
Marthinus Stander, die uitvoerende hoof, sê Country Bird Holdings is die hoofwerknemer in gemeenskappe, waar al drie sy aanlegte geleë is. Dié maatskappy ondersteun daarom mense,want sy werknemers kom uit daardie gemeenskappe. Hy sê Country Bird Holdings skenk hoender aan behoeftige gemeenskappy by sy aanlegte by Hartbeesfontein, Mahikeng en Botshabelo, naby Bloemfontein. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Stander sê die welstand van omliggende gemeenskappe is belangrik want dit is waarvandaan hulle werknemers kom. By Tigane by Hartbeesfontein is sowat 'n duisend mense werknemers van Country Bird Holding uit dié gemeenskap van tussen 50 000 en 60 000 mense. "Ons moet sensitief wees vir wat in daardie gemeenskappe aangaan, want dit is die voedingsbron van die mense wat vir ons werk." Die kosnood is groot in dié gemeenskappe en Country Bird Holdings het onderneem om 5 ton hoeder tydens die grendeltydperk aan dié gemeensakp beskikbaar te stel.
Dié maatskappy is ook betrokke by omliggende gemeenskappe by sy aanlegte in Mahikeng en Botshabelo.
Country Bird Holdings sal voortgaan om gemeenskappe in die uitdagende tyd te ondersteun en skenkings te maak al is daar uitdagings vir dié maatskappy wat voorlê.
Hy meen die vraag na hoenderprodukte kan afneem namate werkloosheid toeneem weens die Covid-19-pandemie en dit gaan weer 'n impak op verbruikers se sakke hê wat gaan lei tot 'n afname in die vraag na hoender. Dié maatskappy is egter gefokus op basiese kosvoorsiening en gesondheidsorg namate die klem meer val op voedselsekerheid en lande soos Suid-Afrika wat selfversorgend moet wees. " Ons het 'n visie om daardie rol voorentoe te speel," sê Stander.
OFM-nuus
