Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 09:18 Wed, 22 Apr 2020
Hierdie verslag is beskikbaar gestel deur Graan SA (GSA).
Mielies:
Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou plaaslike mielie-aanplantings vir die seisoen sover 7% voltooi. Dit is 2% minder as die vyf jaar gemiddelde tempo van 9% wat voltooid was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die Amerikaanse oliepryse het gister nuwe rekord laagtepunte bereik wat ook 'n oorspoel effek op die Amerikaanse mielieprys gehad het, wat onder druk gekom het.
Die plaaslike mieliemark het gister skerp onder druk gekom en het meestal laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R40/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 545/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R38/ton laer verhandel om teen R2 684/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou se weeklikse produksievorderingsverslag is 2% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds geplant. Dit is meer as die vyf jaar gemiddelde tempo van 1% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die produkte in die oliesaad kompleks het meestal onder druk gekom met ander groente- en plantaardige oliepryse wat onder druk gekom het. Dit het ook druk op die internasionale sojaboonmark geplaas.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 785/ton te sluit.
Koring:
In die nuutste weeklikse produksietoestande se verslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak is, word aangetoon dat 57% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand is. Dit is swakker as verlede week se 62% goed tot uitstekend.
In Rusland is die verwagting dat die nuwe seisoen se produksie laer behoort te wees weens ongunstige weerstoestande wat daar heers.
Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal ondersteuning gevind om sterker te sluit vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R13/ton hoër verhandel om teen R5 495/ton te sluit.
