On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Beeswinkel: Gewildheid van aanlynveilings neem nou toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:21 Wed, 22 Apr 2020

Beeswinkel: Gewildheid van aanlynveilings neem nou toe | News Article
FOTO: Verskaf

Die impak van die Covid-19-virussiekte op die veilingsbedryf plaaslik, maar ook oor die wêreld heen is baie groot.


Alle veilings en nie slegs die veilings van lewende hawe nie, word geraak. In die proses soek mense oor die wêreld heen nou na alternatiewe om aanlyn te kan handel dryf. . Petrus van Heerden, direkteur van die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel,  verwys na dié vorm van veilings as 'n aanlynrewolusie, en meen dit is is vir seker die antwoord,  omdat alle bedrywe hulle nou wend na aanlynplatforms.   Hy sê sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo, laat verlede jaar, wat daartoe gelei het dat 'n tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere verbied is, en veilings asook die ten toonstelling van diere nie kon plaasvind  nie,  het bygedrae tot die aanlynrewolusie. Die  uitbreking van die koronavirus in Suid-Afrika, het ook gelei na deelname aan dié platform, omdat dit 'n  alternatiewe veiliger en kostedoeltreffende wyse is, wat gebruik kan word om veilings aan te bied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit is nou die internasionale tendens en daar word daarna verwys as die "nuwe normaal". Die voorspelling is dat verbruikers voort sal gaan om hulle tot dié aanlynrewolusie te wend. Dit sluit verbruikers in wat nooit voorheen daarin belanggestel het nie en ook nie geweet het hoe die proses gevolg moet word nie. Dit is veral ten opsigte van veilings van lewende hawe wat aanlyn geskied. Beeswinkel is twee jaar gelede op die been gebring om die mondering van tradisionele veilings uit te wys.  Van Heerden sê dié tipe veilings is verder deur die kwessie van dieregesondeheid en nou ook die gesondheid van mense, aangedryf.

Volgens hom was produsente in die Vrystaat voorlopers om hul tot aanlynveilings te wend. Dié produsente het vertroue in Beeswinkel se handelsmerk en het besef daar is 'n groot voordeel  daaraan verbonde soos onder meer kostebesparing. Hy sê daar is definitief 'n toename aan mense wat registreer by Bbeeswinkel dit is om hul vee aan te bied of om vee aan te koop.  Dit is verder bemoedigend om te sien dat produsente in Noordwes ook nou die voordele van dié veilings raaksien en hul tot Beeswinkel wend. Die Bosveld  Bonsmara-klub is ook nou by Beeswinkel en 'n stoetveiling word ons op 9 Junie, vanjaar, aanlyn aangebied. Daarmee saam is produsente in die Oos-Kaap ook nou aanboord met speenkalwers wat eerskomende Donderdag op Beeswinkel se weeklikse veiling omstreeks 14:00 aangebied word. Met Beeswinkel se vorige nasionale aanlynveiling is 1 500 speenklawers aangebied. Hy sê dié veiling is in 46 minute afgehandel en dit is nie die eerste veiling waar daar meer as 'n duisend diere aanlyn opgeveil word nie.  

Besoek Beeswinkel se webtuise vir meer inligting. 

Skakel Donderdagoggend tussen 05:00 en 06:00 in op die Agri-Uur met Gerben van Niekerk wanneer Beeswinkel se Petrus van Heerden verder praat oor  dié aanlynplatform vir veilings van lewende hawe. 


OFM-nuus






Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.