On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Aanlynveilings 'n veilige en kostedoeltreffend vir produsente

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:23 Thu, 23 Apr 2020

Aanlynveilings 'n veilige en kostedoeltreffend vir produsente | News Article

Die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, is oortuig daarvan dat die sogenaamde "aanlynrewolusie" die oplossing vir verkopers, sowel as kopers van diere, is.



Dié platform, wat nou te midde van die Covid-19-pandemie en reeds vroeër met die uitbreking van bek-en-klouseer in gewildheid toegneem het, hou talle voordele vir boere in. Dit verskaf aan hulle nasionale marktoegang en selfs stoetboere wend hulle nou tot dié veilings om hul geslote kuddestatus te behou. Díit is volgens Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, wat meen dié platform is kostedoeltreffend en spaar produsente geld in terme van bemarking, die vervoer van diere en kommissies wat betaal moet word. Beeswinkel het reeds 2 200 geregistreerde gebruikers en gaan daagliks van krag-tot-krag. Van Heerden sê daar word vandag op dié weeklikse aanlynveiling 700 diere aangebied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Volgens hom is daar meer as 'n duisend diere op Beeswinkel se vorige veilings aangebied. Van Heerden sê op verlede week se veiling is al die lotte van diere wat aangebied is nie verkoop nie, maar die diere kan weer aangebied word sonder dat hulle na 'n veilingskraal vervoer hoef te word. Hy skryf die feit dat al die lotte op die vorige veiling nie verkoop is nie toe aan boere wat die prys van diere wat op die vorige veiling behaal is as reserweprys op verlede week se veiling gebruik het. Daarmee saam het swak marktoestande daartoe gelei dat kalwers wat aangebied is se reserweprys nie behaal is nie. 

Hy sê Beeswinkel bied al vir die afgelope twee jaar aanlynveilings aan en dit was 'n leerproses waarin hulle baie ondervinding opgedoen het. Tussen 20 en 30 gebruikers registreer nou daagliks op Beeswinkel se webtuiste.  

Dit was Petrus van Heerden, direkteur van die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, slegs op die Agri-Uur. Beeswinkel se weeklikse aanlynveiling vind vandag (Donderdag) om 14:00 plaas. Besoek Beeswinkel se webtuiste vir meer inligting.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.