On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Die Vrystaatse polisie staak glo twee veeveilings in Kroonstad

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:35 Thu, 23 Apr 2020

Die Vrystaatse polisie staak glo twee veeveilings in Kroonstad | News Article
FOTO: André Kock en Seun-Vrystaat

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek soos oudergewoonte op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die verslag geskoei op Dinsdag se veilings sien nie goed daarna uit nie. Alles werk nou teen die prys van beeste. Tradisioneel dié tyd van die jaar maak produsente van veilings gebruik om hul speenkalwers voor die winter te verkoop. Die veestapel van vet diere wat aangebied word en produsente wat van dié beeste wil verkoop voordat hulle maer word in die winter het in invloed op die prys van diere. 

Boonop is die tradisionele Dinsdag veilings  by André Kock en Seun asook die veilingshuis, Noord-Kaap Lewende Hawe, se veilingskrale in Kroonstad, vandeesweek deur die polisie gestaak. Volgens hom het die polisie aangevoer dat dit teen die wet is om veeveilings in die Vrystaat, tydens die grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie, aan te bied. Derksen sê dit is 'n tragedie dat die staatsdiens se ver met hul koördineringsvermoë  te kort skiet. Dié veilings is gestaak sonder enige waarskuwing vooraf. Dit is onverklaarbaar in die stadium waarom veilings deur die polisie slegs in die Vrystaat na bewering verbied word, maar in die res van die land kan voortgaan, sê Derksen. Produsente het reeds onkoste aangegaan om hul diere na die veilingskrale te vervoer en daar is boere wat staatsmaak op die verkoop van hul diere om hul kontantvloei aan te vul.  Derksen sê hierom kan hy nie akkurate veilingspryse verskaf nie, maar slegs tendense.


Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste      - R24,50 per kg

Vet koeie             - R18,00 per kg

Slagbulle             - R19 per kg lewend

Skape: 

Stoorlammers      - R34,00 per kg

Slaglammers        - R31 per kg

Stoorskape          - R20,01 per kg

Vetskape              - R22,00 per kg

Bokke

Lammers             - R27,00 per kg

Ooie                     - R23,00 per kg

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

OFM-nuus het navraag oor dié voorval by die woordvoerder van die polisie in die Vrystaat , Motantsi Makhele, gedoen. Makhele het gesê hy dié  navraag aan die nasionale departement van polisie voorlê, omdat dié departement regulasies rondom die nasionale staat van inperking weens die koronavirus hanteer. 


OFM-nuus










Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.