Agri Hour
Afslaers hoopvol dat Kroonstad-veeveiling mag voortgaan─── CHRISTAL-LIZE MULLER 23:20 Mon, 27 Apr 2020
André Kock en Seun, 'n veilinghuis in die Vrystaat, is hoopvol dat hul volgende weeklikse veeveiling eerskomende Dinsdag aangebied mag word.
Dit kom nadat die polisie vandeesweek in Kroonstad by die veilinghuis se veiling voldoen nie. Hennie Wille, 'n afslaer en eienaar van André Kock en Seun in dié provinsie, sê dit het groot verwarring veroorsaak. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Wille sê die veiling was Dinsdag reeds aan die gang toe die polisie omstreeks 11:00 daar opgedaag het. Hulle wou die veiling staak ondanks die feit dat 'n brief van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se Mike Mlengana aan polisiebeamptes voorgehou is. In dié brief stel Mlengana dit duidelik dat veilings van alle lewende hawe, wol, huide en velle tydens die nasionale inperkingstydperk mag plaasvind.
Wille sê die polisiebeamptes het volgehou dat dié kennisgewing eers in die Staatskoerant gepubliseer moet word en die veiling kan daarom nie verder voortgaan nie. Ná onderhandeling het die polisie toegelaat dat die veiling tot 13:00 kan voortduur. Wille sê daar was groot verwarring, omdat dié veilingshuis sedert die tydelike verbod op die aanbied van veilings vroeër vanjaar opgehef is ná die bek-en-klouseer-uitbraak in Limpopo, hul voorkomingsmaatreëls tydens veilings verskerp het. Met die Covid-10-pandemie is nog strenger maatreëls in plek gestel. Nie meer as 50 mense word tydens die veiling toegelaat nie. Die nodige afstand word tussen mense behou, somtyds tot sover as 4 meter. Die nodige gesondheidstoerusting is beskikbaar en min mense word in die ring toegelaat. Verkopers mag ook slegs hul diere aflaai by die veilingskraal en woon nie die veiling by nie.
Hy sê dié weeklikse veilings is van groot belang vir produsente en dit sluit kleinboere in. Daar word van een bees tot sowat 40 beeste per verkoper aangebied. Produsente moet die geleentheid kry om hul beeste te bemark sodat abattoirs die diere kan aankoop en oor die land heen kan versprei. Vleis moet beskikbaar wees vir verbruikers.
Dit was Hennie Wille, afslaer en eienaar van André Kock en Seun in die Vrystaat, slegs op die Agri-Uur.
OFM-nuus
