On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Saai sê wildbedryf kan kos verskaf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:28 Mon, 27 Apr 2020

Saai sê wildbedryf kan kos verskaf  | News Article

Saai, die netwerk wat hoofaaklik na die belange van familieboere omsien, kap ook die EMS-stigting se versoeke om die slagting asook die eet van wildsvleis en die uitvoer daarvan in Suid-Afrika te staak.

 

Dié stigting versoek nou van die Suid-Afrikaanse regering om 'n moratorium te plaas op die verbruik van wildsvleis, glo te midde van die Covid-19-inperking en die moontlikheid dat dit van wilde diere oorgedra kan word. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dié stigting wil homself bevoordeel sonder om vaste beginsels in ag te neem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê soortgelyke versoeke is onlangs in die Europese Parlement deur die Groenparty gerig, maar is met 'n meerderheid afgekeur. Dit is nie nou die tyd om met hierdie versoeke te kom nie, veral omdant die wild-en-jagbedryf 'n reuse rol kan speel om die honger van gemeenskappe wat kwesbaar is, te verlig.

Hy sê die versoek aan die Suid-Afrikaanse departemente van gesondheid, landbou, en omgewingsake kom kort nadat dieselfde mosie deur die European United Left/Nordic Green Left Group in die Europese Parlement ter tafel gelê is. Die mosie is met 'n meerderheid van 449 stemme verwerp teenoor 186 stemme, wat in guns daarvoor was. 

Rossouw meen die EMS-stigting se modus operandi is in sy mening nie gerig op die koronavirus nie, maar dit gaan oor iets heeltemal anders, soortgelyk aan die rooivleisdebat.

Dit was Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, die netwerk wat hoofsaaklik na die belange van familieboere omsien.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.