On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Saai vra regeringsdepartemente om vervoerregulasies uit te pluis

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:32 Tue, 28 Apr 2020

Saai vra regeringsdepartemente om vervoerregulasies uit te pluis | News Article
Francois Rossouw FOTO: Verskaf

Saai, 'n organisasie wat die belange van familieboere verteenwoordig, het 'n beroep gedoen op verskeie regeringsdepartement om hul standpunte te belyn en op grondvlak aan die polisie en die weermag oor te dra.

 

Die beroep is in die lig van die landboubedryf en dié waardeketting, wat nie doeltreffend tydens die Covid-19-inperkingstydperk funksioneer nie. Dit kom nadat Saai oorval is met oproepe van gefrustreerde familieboere, wat verhoed is om verder te reis nadat hulle by padversperrings voorgekeer is. Owerhede voer dan aan boere beskik nie oor sertifikate van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) nie. Dié sertifikate klassifiseer boere as noodsaaklike diensverskaffers. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dit is een van die knelpunte wat familieboere nou in die gesig staar... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....


Sien onderstaande PODCAST

 

Hy sê regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur van 2002, wat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, uitgereik het, reguleer aspekte van die staat van inperking en bepaal die nodige dokument wat vereis word vir noodsaaklike diensverskaffers. 

Ingevolge dié regulasies is die landboubedryf as ’n noodsaaklike diens verklaar en dus van uiterse belang om die land van noodsaaklike goedere te voorsien en voedselsekerheid te verseker. 

Hy sê die enigste dokument wat boere benodig om mee te reis is ’n vorm wat ‘substansieel ooreenstem’ met vorm 1 in Bylaag C van dié regulasies en die hoof van die instelling moet dit uitreik. Hiermee word bedoel die eienaar of bestuurder van die boerdery moet dit uitreik.

Om ’n CIPC-sertifikaat by die Kommissie te bekom moet ’n instelling wat die noodsaaklike dienste verrig by die CIPC geregistreer wees – ’n vereiste wat nie eenmansake insluit nie.

Saai versoek dat enige boere wat probleme ondervind of onwettige aktiwiteite by padversperrings ervaar, dit aanmeld by Saai se WhatsApp-lyn 066 071 6094 sodat die nodige aksie geneem kan word. 

Dit was Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.