On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

VKB moedig graanskenkings aan te midde van #Covid19

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:46 Wed, 29 Apr 2020

VKB moedig graanskenkings aan te midde van #Covid19 | News Article

Die VKB-groep ondersteun die Landbousakekamer, Agbiz, se inisiatief om armoede te midde van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te verlig.


Dit kom nadat Agbiz 'n beroep op die hele landbouwaardeketting gedoen het om uit te reik na behoeftige gemeenskappe waar daar ernstige voedseltekorte voorkom. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van dié groep, sê boere, inset- en graanverskaffers, asook meulens, kan bydraes in die vorm van graan of selfs geldelike skenkings doen. Hy sê dit is absoluut 'n vrywillige projek. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy vra landbouprodusente om hul harte en beursies oop te maak vir gemeenskappe wat in kosnood verkeer. Daar is 'n groot behoefte na kos veral met die inperkingstydperk en hy voorsien die impak van dié pandemie gaan nou lei tot toenemende werkloosheid, wat armoede in die land gaan vergroot. Produsente word gevra om 'n hektaar graan beskikbaar te stel, wat dan deur dié groep aan meulens verskaf sal word, wat dit sal maal en verpak, waarna die VKB-groep verantwoordelik sal wees vir die verspreiding daarvan na kerke.  Geelmielies, sojaboon en sonneblom kan verskaf word in ruil vir die ekwivalent van die waarde van witmielies.

Vir meer inligting oor die VKB Solidariteitsfonds besoek VKB se webtuiste.


OFM-nuus 




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.