On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Bultfontein-boere verheug oor goeie reën vir koringaanplantings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:50 Wed, 29 Apr 2020

Bultfontein-boere verheug oor goeie reën vir koringaanplantings | News Article

Graanboere in die Bultfontein-gebied in die Vrystaat is verheug oor goeie reën wat Maandag in dié gebied voorgekom het.


Anton Botha, 'n plaaslike boer en voormalige hoofbestuurslid van Graan SA (GSA), sê dit het eergister tussen 30mm en 45mm in dié gebied gereën. Daar is produsente wat meer reën op hul plase gemeet het. Hy sê daar is groot dankbaarheid onder produsente, veral diegene wat in die proses is om voor te berei vir droëlandkoring-aanplantings. Volgens hom word die matige reën ook met ope arms verwelkom, want dit veroorsaak nie skade aan oeste op landerye nie. Botha meen verder dié reën gaan ook nie in die stadium die stroopproses beïnvloed nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié afgelope tyd se reën speel ook 'n belangrike rol ten opsigte van grondvog wat nou opbou en later in die seisoen kan daar dan met vroeë bewerkings begin word. Volgens hom gaan produsente voort kan gaan met die stroop van somergraangewasse soos mielies al het dit gereën, omdat dit slegs enkele dae neem vir die gewasse om droog te word. Daarmee saam is die matige reën goed, want baie reën kan die graad van mielies beïnvloed.

Uitdagings vir produsente is in die stadum prysbestuur, en hul beplanning vir die komende seisoen, veral omdat insetkoste kan toeneem weens die Rand se lae waarde, maar in die stadium is die situasie gunstig en produsente het sover 'n mooi seisoen. Obrengste lyk goed, sê hy.

Dit was Anton Botha, 'n boer van die Bultfontein-distrik en 'n voormalige uitvoerende bestuurslid van Graan SA (GSA) slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.