On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:49 Thu, 30 Apr 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.



Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Suid-Afrika bevind homself in onbekende water ten opsigte van die Covid-19-pandemie, en strategiese "vlugvoetige" beplanning is nou van belang. Dit word gedoen deur jouself te posisioneer en vas te stel waar jy jouself in die toekoms wil bevind en om dit te doen moet daar 'n terugblik wees oor waar jy jouself aanvanklik bevind het en die geldelike implikasie wat aan jou doelwit verbonde is.  

Daarmee saam bestaan daar 'n sterk vermoede oor hoe die situasie gaan ontwikkel ten opsigte van dié pandemie en dit word gesteun deur verbeterde data, asook oorlegpleging met verskillende kundiges wat besluite oor beleid neem. Onmiddellike veranderings bemoeilik egter beplanning vir die toekoms.  

Dit is daarom waardevol om 'n inligtingstuk deur die "Board of Innovation", 'n firma wat fokus op innoverende strategieë oor verwagtinge met betrekking tot dié pandemie, in ag te neem.  

Volgens dié inligtingstuk gaan daar 'n groter mate van beklemming wees, en mense gaan sielkundige afwykings ondervind. Daarvoor moet oplossings gevind word, wat alle gemeenskappe in Suid-Afrika kan ondersteun en help om die sielkundige impak van die koronavirus te verwerk. 

Mense sal hulself gereed moet maak vir meer aflewerings van produkte en goedere tuis. Daar gaan minder gereis word.  Die gebruik van veilige kos gaan ook belangrik word, sê hy. 

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat het. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.