On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Lewende hawe veilings vind moontlik volgende week plaas

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:53 Thu, 30 Apr 2020

Lewende hawe veilings vind moontlik volgende week plaas | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf weekliks op 'n Donderdag die veilingpryse wat op lewende hawe veilings behaal word.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST

 

Derksen kan in die stadium slegs aanduidende pryse verskaf, omdat daar steeds onduidelikheid is, veral in die Vrystaat, of veilings van lewende hawe kan plaasvind. Hy sê egter volgens sy inligting kan dié veilings volgende week voortgaan wanneer die vlak-4 nasionale inperking geld. Volgens hom is die prys van speenkalwers sowat  R26,50 per kg. 

 

 Ander veilingpryse vir beeste:  

Vet koeie                - R22 per kg

Maer koeie            - R18 per kg

Slagbulle                 - R20 per kg

Skape: 

Stoorlammers        - R34 per kg

Vet lammers           - R34 per kg

Vet ooie                   - R24 per kg

Bokke 

Lammers                - R27 per kg

Ooie                        - R23 per kg

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.