On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Jagbedryf wag vir protokol oor #Covid19-regulasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:04 Mon, 04 May 2020

Jagbedryf wag vir protokol oor #Covid19-regulasie | News Article

Die jagbedryf het die regering se aankondiging verwelkom dat daar, tydens vlak-4 van die nasionale inperking, met die jag van wild voortgegaan kan word, maar dié bedryf wag nou angstig op die nodige protokol in dié verband.


Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, sê jag is nou tydens dié vlak van die Covid-19-inperking toelaatbaar, maar daar is talle grys gebiede waaroor duidelikheid gekry moet word. Die jag van wild is aanvanklik verbied met die aanvang van die grendeltydperk. Hy sê protokol rondom dié jag van wild sal egter na verwagting vandag bekendgemaak word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Camphor sê sodra dié protokol beskikbaar is, gaan daar dan voortgegaan kan word om op 'n korrekte en veilige wyse te jag. Dit kom nadat die Covid-19-regulasie bepaal dat daar met verskeie landbou-aktiwiteite voortgegaan kan word nadat sommige daarvan met die aanvang van die nasionale inperking verban is.  

Hy sê met die vlak-4 inperking  word beweging oor provinsiale grense steeds nie toegelaat nie, mense moet steeds tuis bly. Dit skep verwarring, omdat jagters in ander provinsies gaan jag en dit behels in die meeste gevalle dat hulle oornaggeriewe benodig, terwyl daar steeds 'n verbod is op die gasvryheidsbedryf wat nie voort kan gaan nie. 

Sodra die nodige protokol gepubliseer word, gaan dit duideliker wees hoe en of daar gejag gaan word. 

Dit is belangrik om te let dat die jag van wild steeds moet plaasvind met 'n nodige permit, sê hy. 

Dit was Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.