On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   00:08 Mon, 04 May 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Dié verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit met weerstoestande wat gunstig was vir aanplantings om plaas te vind.

In Amerika het die verbruik van mielies in die etanolmark met ongeveer 1 miljoen ton per week gedaal, wat veroorsaak dat die Amerikaanse mielievoorraad toeneem en dit hou pryse onder druk.

Die plaaslike mieliemark het Donderdag skerp onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is van wit én geelmielies. Die mark was Vrydag gesluit vanweë die openbare vakansiedag.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R28/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 414/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R30/ton laer verhandel om teen R2 546/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark bly ook steeds onder druk met Amerika wat steeds groot sojaboonvoorrade beskikbaar het en die handelsooreenkomste tussen dié land en China kry nie rigting nie.

Volgens voorlopige data, behoort die uitvoer van die Brasiliaanse sojaboon gedurende April 'n nuwe maandelikse rekord te bereik met China wat groot hoeveelhede sojabone vanaf Brasilië af aangekoop het.

Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R40/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 524/ton te sluit.

 

Koring:

Die internasionale koringmark het Vrydag steeds gemeng verhandel en het meestal onder druk gekom vir die dag. 

In Amerika behoort die impak wat die koue toestande op die winterkoring gehad het, hierdie week geasseseer te word, en sal dit meer sekerheid gee rakende die produksieverwagtinge.

Die plaaslike koringmark het Donderdag onder druk gekom en het meestal laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.   

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R61/ton laer verhandel om teen R5 414/ton te sluit.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.