Agri Hour
#AgriSA: Duidelike begrip oor landbouwaardeketting nodig─── CHRISTAL-LIZE MULLER 00:21 Mon, 04 May 2020
Betrokkenes in die landboubedryf se harde werk agter die skerms om die landbouwaardeketting ongesteurd te laat, het vrugte afgewerp.
Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, sê daar is uit verskeie landbougeledere voorstelle aan die regering gedoen ten opsigte van sekere regulasies van die staat van inperking weens die Covid-19-virussiekte. Die meeste van dié voorstelle is deur die regering aanvaar, wat verblydend is. Hy sê in die meeste gevalle kan die landbouwaardeketting nou voortgaan, maar wyn-, drank- en tabakbedrywe word steeds geraak en veroorsaak 'n vertraging in die ketting. Dit kan Suid-Afrika duur te staan kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Produksie in dié bedrywe hou egter steeds uitdagings vir die waardeketting in en die situasie rondom dié tydelike verbod op die handel daarvan sal fyn dopgehou word, sê Van Zyl.
Daar is ook nog haakplekke ten opsigte van die interpretasie van enkele Covid-19-regulasies met betrekking tot landbou, maar in geheel is daar groot dankbaarheid dat landbouproduksie kan voortgaan.
Hy sê Agri SA ondersteun nie die tydelike verbod op die handel van wyn nie, want die beste praktyke oor die wêreld heen toon lande se uitvoerbedrywe moet voortgaan. Van Zyl meen wyn word gebottel en hou nie 'n bepaalde risiko in nie, maar die regering se klem is op gesondheidsrisiko's. Volgens hom is dit belangrik dat daar 'n goeie begrip is van 'n landbouwaardeketting en wat dit behels, sodat die groter prentjie ingesien kan word.
Die tabakbedryf trek ook swaar, sê hy.
OFM-nuus
