Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 08:59 Tue, 05 May 2020
Hierdie verslag is verskaf deur Graan SA (GSA)
Mielies:
Volgens die Amerikaanse departement van landbou (USDA) se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 51% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds geplant. Dit is aansienlik meer as die vyf jaar gemiddelde tempo van 39% wat voltooi was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Private uitvoerders het gister ongeveer 116 000 ton se mielie-uitvoerverkope aan dié departement gerapporteer. Die bestemming van aankope is onbekend en dit is vir lewering in die 2019/20-seisoen wat einde Augustus 2020 eindig.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R31/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 445/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R36/ton hoër verhandel om teen R2 582/ton te sluit.
Sojaboon:
Die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die USDA bekend gemaak word, toon dat 23% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant is. Dit is meer as die vyf jaar gemiddelde tempo van 11% wat teen dieselfde tydperk van die seisoen voltooi was.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoer-inspeksieverslag het aangedui dat die weeklikse sojaboon-uitvoerverkope slegs ongeveer 318 000 ton was. Dit was laer as die algemene verwagtinge in die mark.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R126/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 650/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die USDA bekend gemaak word, is 55% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand. Dit is 1% beter as die vorige week se skatting.
Die weeklikse uitvoerinspeksieverslag toon aan dat die Amerikaanse koring uitvoerverkope vir die week in lyn was met die weeklikse handelsverwagtinge. Die weeklikse koring uitvoerverkope word op ongeveer 536 000 ton gerapporteer.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning ervaar en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R101/ton hoër verhandel om teen R5 515/ton te sluit.
OFM-nuus
