Agri Hour
NWK is, ná meer as dekade, die 'ouboet' van plaaslike landboukoöperasies─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:52 Wed, 06 May 2020
Die Covid-19-pandemie plaas wel ietwat van 'n demper op NWK se 111de viering van sy bestaansjaar, maar dié staatmaker landboubesigheid bly steeds trots op sy diep wortels in die bedryf.
Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder, sê dié landboukoöperasie is die oudste in die land. Dit het alles op 'n vergadering op 24 April 1909 begin. Die stigting van 'n landboukoöperasie is destyds op dié vergadering in Noordwes voorgestel, waarna die destydse Lichtenburg Koöperatief Landboumaatskappy amptelik op 4 Mei, dieselfde jaar, gestig is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Bezuidenhout gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê dit was 'n skugter begin maar dié koöperasie het deur die jare van krag tot krag gegaan, ondanks risiko's in die mark. Dié koöperasie is destyds gelys as een van 13 in die land, die ander 12 koöperasies het egter later ontbind, wat NWK die oudste landboukoöperasie in Suid-Afrika maak. Bezuidenhout sê hulle is die ouboet van koöperasies en daar was wel aanpassings wat oor die jare gedoen moes word.
Uitdagings was prysskommelings, droogtes, en produsente se skuldlas, soos die geval vandag ook is.
NWK het destyds begin om met graan handel te dryf en graansilos is gevestig. Tussen die tydperk 1940 en 1949 was daar 'n meganiese ontploffing gewees en in 1951 is die koöperasie se eerste hoof van sy graanafdeling aangestel. NWK, soos dit vandag bekend staan, se bloeityd was vanaf 1950 tot 1959. Daar is met die oprigting van silos begin. Dit was 'n interessante tydperk en vanaf 1970 het die koöperasie homself ingewortel in die landboubedryf en hom toegespits op landbouontwikkeling, want daar moes aanpassings gedoen word. Baanbrekerswerk is op verskeie gebiede gedoen met die graansilos wat uitgebrei is.
Dit was NWK se groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie, Johan Bezuidenhout.
OFM-nuus
