On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   21:28 Wed, 06 May 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf


Mielies:

In Brasilië is die verwagting dat die mielie-opbrengste vir die seisoen laer behoort te wees weens droë toestande wat in van die produksiegebiede heers.

Die Amerikaanse mieliemark het gemeng verhandel met die naby maandkontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die verdere maandkontrakte onder druk gekom het en laer verhandel het.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is vir beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R32/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 470/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R35/ton hoër verhandel om teen R2 600/ton te sluit.

In die Amerikaanse sojaboonmark het die mark ondersteuning gevind en het dit sterker verhandel met optimisme in die mark dat China se vraag na sojabone steeds goed is, terwyl Suid-Amerika se beskikbare voorraad laer raak.

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmeel se pryse het ondersteuning gevind, terwyl die sojaboon-olie pryse onder druk gekom het.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R32/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 585/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het onder druk gekom met die verwagting dat die seisoen se koringproduksie goed behoort te wees.   

Die uitvoerbeperkings van koring wat in die Swartsee-streek aangekondig is tesame met die groot vraag na koring in China, het die Europese Unie se koring-uitvoer ondersteun.

Die plaaslike koringmark het gister meestal sywaarts tot effens hoër gesluit vir die dag.   

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R2/ton laer verhandel om teen R5 490/ton te sluit.

 

OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.