On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 21:34 Wed, 06 May 2020

 Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, lewer die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, 'n insetsel oor kwessies in die landbou-bedryf wat nou uitstaan.


Sien onderstaande PODCAST

 

Hy bespreek moontlike ekonomiese tendense wat kan volg ná die grendeltydperk en meen namate die Covid-19-regulasies in werking tree om die grendeltydperk te optimaliseer, is daar uiteenlopende reaksies.  

Daar is mense wat in opstand is oor hoe noodleniging toegepas word en die poging van regerings om mikrobestuur toe te pas. Enersyds het so ‘n bestuursbenadering meriete, omdat dit die oningeligtes doeltreffend in bedwang probeer hou. Hy meen honger mense word nie gevoed met demokratiese besluitneming nie, en lang rye kossoekendes sal hulle tot geweld wend as daar nie vinnig uitkoms is nie. Andersyds probeer die regering die stelsel skoon hou van die gieriges wat skaamteloos op verligting aan armes teer. Dit vra fyn voetwerk en daar is ongelukkig duidelike bewyse van ‘n gebrek aan die nodige vlugvoetigheid.

Volgens hom sal strategie-aanpassings tweerigting-verkeer vereis. Van bo na onder sal maatreëls vir en beperkings op samekomste, reis, higiëniese standaarde en die beskerming van kwesbare groepe oorheers. Van onder na bo sal samewerking die wagwoord wees namate mense en organisasies die voordele van anders leef en werk ontdek en selfs geniet. Dit sal buitengewone en nuwe uitdagings bied ten opsigte van mense se  leefstyl en hoe daar voortaan te werk gegaan sal word. 

'n Nuwe bedeling via die internet "E-lewe" gaan gevestig word in bykans elke faset van ons daaglikse bestaan. So is daar nou reeds ‘n E-vermoë om gesondheid by mense te toets met behulp van ‘n toepassing op ‘n slimfoon. Dié aanpassings sal beslis impakteer op die tweerigting-vloei met bewyse van opstand vir waar dié aan die bokant outoritêr wil besluit wat die beste is, omdat hulle onseker is om dié rigting in te slaan.

Hy sê uit ‘n wye verskiedenheid van veranderings wat reeds ingetree het tydens die grendeltyd en waarvan daar nog baie in vooruitsig gestel word, is daar veral tien aspekte van veranderings in verbruiksgedrag, wat van belang is. Vroeë reaksie dui op aanpasbaarheid en veerkragtigheid en dié wat wil voorvat, sal hulle knieë spreekwoordelik moet lig. In hierdie aanbieding – die eerste van twee, bespreek Laubscher vyf van die aspekte. 


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.