On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

NWK fokus ná 111 jaar steeds op sy kernbesigheid en kliëntediens

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 21:44 Wed, 06 May 2020

NWK fokus ná 111 jaar steeds op sy kernbesigheid en kliëntediens | News Article

NWK, wat vandeesweek sy 111de bestaansjaar vier, se sukses lê in die gehalte kliëntediens wat hy lewer in sy kernbesigheid van graan, handel, meganisasie en insetverskaffing.


Dié landboubesigheid, wat amptelik op 4 Mei 1909 gestig is en destyds as die Lichtenburg Koöperatief Landboumaatskappy bekendgestaan het, se fokus die afgelope jaar en 'n half was op sy kernbesigheid, wat geskoei is op dienslewering en die gehalte daarvan aan produsente. 

Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie, sê die nodige dienslewering is tydens dié tydperk met die betrokkenheid van werknemers opgeskerp en 'n sogenaamde "betrokke-strategie" is van stapel gestuur, wat op kliënte gefokus is. 'n Lojaliteitsprogram is ook in 2017 begin, wat ten doel het om terug te ploeg aan kliënte wat NWK ondersteun. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Bezuidenhout gepraat...


Sien onderstaande PODCAST

 

Bezuidenhout sê daar is uitdagings oor die jare heen gewees, maar daarmee saam doen nuwe geleenthede hulle voor. NWK se fokus was ook die beskikbaarstelling van nuwe tegnologie, met die hooffokus steeds op sy kernbesigheid, om daarop te verbeter en doeltreffend te wees terwyl beskostigbaarheid ook in ag geneem word. Dit is belangrik, want produsente is al oor die jare heen vasgevang in 'n knyptang en omdat hulle slegs prysnemers is, bemoeilik dit hul omstandighede om lewensvatbaar te boer. 

NWK se kliëntediens sluit ook vennootskappe in met produsente, leweraars en werknemers. 

Bezuidenhout sê in uitdagende toestande is dit belangrik dat alle belanghebbendes saamstaan en aanpasbaar moet wees by veranderende omstandighede. Hy glo ook dat die land 'n goeie graanseisoen gaan hê en dat dié bedryf 'n goeie bydrae tot die land se ekonomie gaan lewer. 

Dit was Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie, slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.