On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   23:04 Thu, 07 May 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Dié verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

In die Amerikaanse Middeweste is daar kommer dat daar koue toestande kan heers. Dit sal negatief wees vir jong mielieplante wat reeds aangeplant is, en dit kan koueskade veroorsaak, wat negatief kan wees vir opbrengspotensiaal.

In Amerika het die nuutste weeklikse etanol-produksie verslag aangedui dat die etanol produksie vir die week hoër was as die vorige week se produksie. Dit is die eerste keer die afgelope twee weke dat die weeklikse produksie weer hoër is.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning ervaar en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R3/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 472/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R3/ton hoër verhandel om teen R2 602/ton te sluit.

Die Chinese sojaboon-invoer het gedurende April gedaal teenoor dieselfde tyd van die jaar verlede seisoen. Vertragings weens oormaat reën in die Brasiliaanse hawens het die invoer vertraag.


Sojabone: 

Die Amerikaanse sojaboonpryse, wat nou teen redelike lae vlakke verhandel, het goeie aankope deur onder meer Mexiko en China tot gevolg gehad.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R43/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 635/ton te sluit.


Koring:

In Amerika is daar in die koringmark ook bekommernisse dat die verwagte koue toestande wat vir die naweek voorspel word, 'n negatiewe impak op die koring produksie-omstandighede kan hê.

Die verwagte Amerikaanse uitvoer vir die week behoort redelik in lyn te wees met die vorige week se uitvoer.

Die plaaslike koringmark het gister meestal hoër gesluit vir die dag.   

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R30/ton laer verhandel om teen R5 540/ton te sluit.


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.