On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

SA varsproduktemarkte pas #Covid19-protokol streng toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:13 Thu, 07 May 2020

SA varsproduktemarkte pas #Covid19-protokol streng toe | News Article

Die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en uitvoer van vars produkte reguleer, het 'n waardevolle rol gespeel in die ontwikkeling van Covid19-protokol.


Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié markte hou 'n hoë risiko in ten opsigte van die verspreiding van die coronavirus en daarom moet ware innovasie toegepas word. Die Johannesburgse varsproduktemark het met die aanvang van die nasionale inperking begin met die ontwikkeling en toepassing van sekere protokolle, wat nou na al die markte in Suid-Afrika versprei is deur die liggaam Imasa, wat markagente verteenwoordig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Knowles gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die Instituut vir markagente van Suid-Afrika, Imasa, het dié bestaande protokolle van die Johannesburgse mark vir nasionale gebruik verfyn. Dié dokument stel beste praktyke voor, soos om sosiale afstand en higiëniese maatreëls te handhaaf, asook maatreëls vir die beheer en bestuur van die uitbreking van dié pandemie toe te pas. 

Die dokument is op aanvraag beskikbaar en is ‘n goeie voorbeeld van samewerking met die bedryf om ‘n oplossing voor te skryf, maar ook steeds te fokus op voorgesette verbetering van die protokolle, sê hy.

Daar word in dié dokument gefokus op bewustheid en om op hoogte van sake te wees rakende die situasie rondom die pandemie.  Hy sê varsproduktemarkte kon voortgaan met bedrywighede sedert die nasionale inperking en daar is groot dankbaarheid daarvoor. Die fokus was op voedselveiligheid, en daar moet toegesien word dat die waarde van die beskikbare aanbieding onverpoos kan voortgaan. 

Die markte hou egter, as platforms waar produkte verkoop word, verreweg die grootste risko in en die bestuur van personeel, boere, kopers, en alle betrokkenes is daarom noodsaaklik. Elke mark moet 'n plan in plek hê in dié verband. Hy raai belanghebbendes aan om die nodige inligting te bekom oor die funksionering van markte en die nuwe praktyke en veiligheidsvoorwaardes wat vereis word.

Daar word ook op kommunikasie en vlakke van intelligensie gefokus, waarvan die belangrikste die ekonomiese impak van die Covid 19-pandemie is.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.