On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: Steun vir Ramaphosa kan afneem met verlengde inperking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:17 Thu, 07 May 2020

 #Covid19: Steun vir Ramaphosa  kan afneem met verlengde inperking | News Article
Cyril Ramaphosa

Daar is nie ‘n wen-wen oplossing rondom die Covid19-pandemie, en meer spesifiek die hantering daarvan deur besluitnemers in Suid-Afrika nie.


Dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder, meen met die verlenging van die nasionale inperking kan daar meer druk op politici kom en steun vir hulle kan afneem. Hy sê dit is te verstane, want met die toename in geweldige armoede, mense wat hul werk verloor, en maatskappye wat hul deure noodgedwonge moet sluit weens die ekonomiese impak van die pandemie, sal politici se besluite eerste bevraagteken word. 

Croucamp meen verder steun vir pres. Cyril Ramaphosa, wat aanvanklik wyd geloof is vir sy hantering van die pandemie, kan dan ook geweldig daal. Meningsopnames toon tussen 65% en 70% mense in die land steun hom steeds en dit sluit ook minderheidsgroepe in, maar hoe langer die grendelstaat voortduur, hoe ingewikkelder kan dit raak en hoe groter gaan die uitwerking daarvan op Ramaphosa se steun wees. Daarmee saam is die politieke klimaat in die land steeds te midde van dié pandemie gespanne. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Croucamp gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Croucamp meen werkloosheid en hongersnood is 'n drukkoker waarvan die deksel nog nie gelig is nie, en dié situasie moet fyn dopgehou word.  Daar is 10,4 miljoen mense in Suid-Afrika wat werkloos is en dié getal het nou met 2,3 miljoen toegeneem. Daarvan is tussen 6 miljoen en 7 miljoen mense in die informele sektor en die vlak-4 inperking het geen verligting aan mense, soos motorwagte en bedelaars gebring nie. Hy sê die informele ekonomie funksioneer op 'n grondslag van as jy vandag werk, kan jy môre eet en daar is nie vir dié deel van gemeenskappe voorsiening gemaak nie. Dít is volgens hom waar hongersnood en die werklike politieke druk gaan ontstaan in die land. 

Croucamp sê daar is egter in die stadium nie 'n manifestasie daarvan in die vorm van geweld of opstand nie, maar sou dié toestande langer voortduur, gaan die vrees onder dié groep mense toeneem en dit is die situasie wat nou dopgehou moet word.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.