Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 20:18 Sun, 10 May 2020
Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en sterker verhandel vir die dag weens die vrese van koue skade wat in sommige van die land se produksiegebiede kan voorkom.
Daar is ook optimisme oor uitvoer in die Amerikaanse mark. Die internasionale koopkrag bly steeds sterk met Suid-Korea wat 'n aktiewe koper van mielies is.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag ook ondersteuning gekry en sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande, wat tans gelys is van wit -en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 489/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R12/ton hoër verhandel om teen R2 610/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag goeie ondersteuning gekry en het sterker verhandel vir die dag met goeie uitvoer wat aangemeld is in Amerika.
Private uitvoerders het Vrydag uitvoerverkope van ongeveer 120 000 ton aan die Amerikaanse Departement van Landbou aangemeld. Dit is vir lewering aan onbekende bestemmings tydens die 2019/20-seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag gemeng verhandel met die Mei-kontrak, wat onder druk gekom het en laer gesluit het, terwyl die res van die kontrakte ondersteuning gekry het en sterker verhandel het vir die dag.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R6/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 633/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ook ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag weens optimisme rakende die Amerikaanse uitvoer.
Die Russiese koring uitvoer het in April 3.5 miljoen ton bereik wat 13% meer is as die Maart uitvoer. Die koring uitvoer vanaf Rusland sal eersdaags deur beperkte kwotas gereguleer word.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Dit het vir lewering in Mei 2020, R9/ton laer verhandel om teen R5 520/ton te sluit.
OFM-nuus
