On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: APAC verwelkom toegewings vir wyn, veilings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 20:29 Sun, 10 May 2020

#Covid19:  APAC verwelkom toegewings vir wyn, veilings | News Article

Die wyn- asook die veilingbedryf het goeie nuus te midde van die Covid-19-pandemie ontvang.


Daar kan nou voortgegaan word met die uitvoer van gebottelde wyn en veilings van lewende hawe kan weer, as deel van die Covid-19-regulasies, in vlak-4 van die nasionale grendelstaat plaasvind. Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, APAC, sê daar kan voortgegaan word met dié bedrywighede, maar dit kan slegs geskied onder streng voorwaardes wat in dié regulasies gestipuleer word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die feit dat wyn uitgevoer kan word, stimuleer nou dié bedryf en daar is, na wat hy verwys, positiewe beweging rondom dit.  

Volgens Knowles het die polisie se nasionale operasionele beheerstentrum 'n skriftelike verklaring op 1 Mei uitgereik. Daarin word die nuwe regulasies ten opsigte van veilings van lewende hawe wat kan voortgaan, deur die minsiter van koöperatiewe samewerking en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, uitgereik. Die regulasies maak ook melding van streng voorwaardes, wat onder meer insluit duidelike kommunikasie en bewusmaking van die Covid-19-pandemie by dié veilings. 

Afslaers moet dit gereeld afkondig. Slegs 50 mense word steeds by 'n veiling toegelaat. Sosiale afstand moet gehandhaaf word, terwyl persoonlike higiëne ook geld. Knowles sê daar is groot dankbaarheid oor die polisie se reaksie, nadat daar in die Vrystaat en Noord-Kaap baie onduidelikheid was voor dié afkondiging oor dié veilings, wat in onder meer Kroonstad deur die polisie gestaak is.

Dit was Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, APAC, slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.