On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

SAVPO: Varkbedryf verstaan impak van Afrika-varkpes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:37 Tue, 12 May 2020

 SAVPO: Varkbedryf verstaan impak van Afrika-varkpes | News Article

Die Suid-Afrikaanse varkprodusente-organisasie, SAVPO, is in noue kontak met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling rakende die uitbreking van Afrika-varkpes in landelike dorpies in die Oos-Kaap.


Johann Kotzé, uitvoerende hoof van SAVPO, sê Suid-Afrika is egter in 'n gunstige posisie om onmiddellik op 'n gereedheidsgrondslag te wees wanneer dié siekte, wat geensins 'n gevaar vir mense inhou nie, uitbreek omdat Afrika-varkpes endemies in die land is.  Hy sê die bedryf  verstaan die impak van dié siekte en is gewoond daaraan, anders as wat die reaksie in onder meer Europese lande is wanneer 'n uitbreking voorkom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê wanneer 'n uitbreking plaaslik voorkom, is die toepassing van regeringsprotokol van belang. Dit is belangrik om daarop te let dat dié siekte oor diere gaan en geen uitwerking op mense het nie. Al eet ‘n mens vleis van 'n besmette vark, is daar geen gevaar van oordrag van die virus nie. Afrika-varkpes besmet nie vleis wat mense inneem nie. Volgens hom is die fokus met betrekking tot Afrika-varkpes op varke self en die bestuur oor die gesondheid van varkkuddes in Suid-Afrika.  

Hy meen met die krisis in China rondom dié siekte  wat die grootste uitbreking nog was in die diereryk regoor die wêreld, het dit nie gegaan oor die mens en die impak daarvan op mense nie. Die impak wat die virus wel op die mens gehad het in die geval van China was oor die kwessie van voedselsekuriteit, want sodra varkvleis, wat 'n noodsaaklike proteïen is, nie meer beskikbaar is nie, kan die gevaar ontstaan dat mense honger ly. Dit moet in ag geneem word omdat China vir die helfte van die wêreld se varkproduksie verantwoordelik is.   

Die mortaliteit van Afrika-varkpes is baie hoog, en daar is die gevaar dat 100% van 'n kudde kan uitsterf, en wanneer 'n uitbreking in 'n bepaalde gebied voorkom, is die gevaar daar dat dié proteïenbron verwyder kan word uit daardie omgewing en daarom is daar so 'n sterk dryfkrag om kuddes te beskerm.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.