On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:15 Thu, 14 May 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Hy praat in hierdie insetsel oor die ratwerk van aanpassings ná die Covid19-pandemie en meen vir talle mense in Suid-Afrika is die toekoms alles behalwe rooskleurig, maar dit is opvallend hoe die uitvoer van dinge nou herwaardeer word. Daar is ook tekens van blymoedigheid, omdat mense gedwing word om anders te dink oor die aspekte wat werklik van belang is. 

Laubscher meen die landboubedryf neem egter leiding en dit is goeie nuus, omdat daar daagliks klinkklare  bewyse is rondom aanpasbaarheid van mense in situasies. ‘n Boer kan nie toesien dat sy buurman swaartrek nie, en die hulp wat verleen word, gaan oor grense heen. Boere dra mildelik by tot gemeenskappe wat in nood verkeer, en daarin is ‘n duidelike boodskap van geen regulasie kan in die pad staan vir noodleniging sonder voorwaardes nie.  

Hy verwys ook na voorstelle van verwagte aanpassings ten opsigte van verbruikersgedrag wat in berekening geneem moet word midde die Covid-19-pandemie. Dit sluit onder meer in die omvang van werkloosheid oor die wêreld heen wat ‘n enorme kopseer is. Afleggings is onafwendbaar. Regerings sal moeilike besluite ten opsigte van beleid moet neem. 

Nog verandering weens die pandemie, sluit in kontant wat steeds koning gaan kraai, terwyl aankope oor 'n afstand gaan toeneem en aflewering by huise 'n daaglikse norm gaan word. Dit gaan beslis voorkeur geniet, maar sake-ondernemings sal daarvoor gerat moet wees. 

Laubscher sê die welstand en gesondheid van ouer generasies sal beter opgepas moet word. Die klem gaan op die welsyn wees.

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat het.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.