On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Moontlike heropening van #Covid19-regeringshulp wek kommer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:20 Fri, 15 May 2020

Moontlike heropening van #Covid19-regeringshulp wek kommer | News Article

Hoewel daar nog geen amptelike dokumentasie verskaf is nie deur die Departement van Landbou oor die moontlike heropening van sy Covid-19-hulppakket van R1,2 miljard, hoofsaaklik vir opkomende boere, heers daar reeds kommer in landboukringe.


Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê die rooi ligte flikker oor welke begroting gebruik gaan word in terme van die vorige proses, wat nie afgehandel is nie, en 'n moontlike volgende proses wat kan volg. Hy sê daar ontstaan talle vrae oor onder meer of 'n bykomende begroting gebruik gaan word en of die volgende proses deel van die R1,2 miljard Covid-19-regeringshulp gaan wees. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Agri Noord-Kaap se siening is dat die grootste beperkende faktor in dié provinsie die voortslepende droogte is. Jansen meen daar moet na die nasionale situasie gekyk word waar die informele sowel as die kommersiële sektore aan dieselfde regulasies en inperking ten opsigte van dié pandemie onderworpe is. Boere in albei dié sektore kan hul oeste op hul landerye bemark, hulle kan ook hul lammers en beeste bemark. Albei sektore word dieselfde geraak en daar word nie onderskeid getref ten opsigte van die Covid-19-regeringshulp se reddingsboei nie. Dit geld daarom ook die heropeningsproses van dié hulp, indien dit amptelik beskikbaar gestel word, sê hy. 

Dié proses gaan beter sin maak indien kwalifiserende boere, ongeag of hulle in die opkomende of kommersiële bedrywe is, ingesluit word en kwalifiseer vir dié hulp. Indien dit nie van toepassing gaan wees op alle boere nie, is dié hulpverlening nie tot voordeel van die groter prentjie in Suid-Afrika nie. 

Jansen sê Thoko Didiza, landbouminister, het in haar verklaring van die R1,2 miljard dit duidelik gestel dat die rede vir dié R1,2 miljard hulppakket is om op 'n voortgesette grondslag hulp aan die waardeketting te lewer om seker te maak voedselproduksie gaan voort. Daarom is dié geld nie beskikbaar gestel vir hulp met betrekking tot die beskikbare oes op landerye nie. Aansoeke moes ingedien word vir hulp met die volgende oes op landerye, asook die volgende produksiesiklus. 

Hy meen daarom maak R1,2 miljard se hulp vir 'n bedryf wat dalk 10% van die opbrengs lewer, wat nodig is om die waardeketting te voed, terwyl 90% van die sektor die waarde ketting voed, nie sin nie. 

Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.