Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 07:05 Tue, 19 May 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mielie-uitvoerinspeksieverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak is, het aangedui dat die Amerikaanse uitvoer vir die week ongeveer 1.15 miljoen ton was.
Die weeklikse uitvoer was ongeveer 18% laer as die vorige week se uitvoer, maar reg in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R1/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 495/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R1/ton hoër verhandel om teen R2 630/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies vir die week was ongeveer 351 000 ton, wat 34% laer as die vorige week se uitvoer was.
Die Amerikaanse weeklikse uitvoer was redelik in lyn met die weeklikse handelsverwagtinge gewees, terwyl die jaar tot datum uitvoer hoër is as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoer.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R42/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 580/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koring-uitvoerinspeksies vir die week was ongeveer 440 000 ton gewees, wat 28% meer was as die vorige week se uitvoer.
Die weeklikse uitvoerinspeksies was redelik in lyn met die weeklikse handelsverwagtinge, terwyl die jaar tot datum uitvoer meer is as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoer.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R38/ton laer verhandel om teen R5 640/ton te sluit.
OFM-nuus
