On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   23:05 Tue, 19 May 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag in Amerika is 80% van die seisoen se mielies reeds aangeplant.  

Die 80% mielie-aanplantings wat reeds voltooi is, is aansienlik meer as die vorige seisoen se 44% en die vyf jaar gemiddeld van 71% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande, wat gelys is van beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R2/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 493/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R4/ton laer verhandel om teen R2 626/ton te sluit.


Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag in Amerika is 53% van die seisoen se sojabone reeds aangeplant.

Die 53% sojaboon-aanplantings wat reeds voltooi is, is aansienlik meer as die vorige seisoen se 16% en die vyf jaar gemiddeld van 38%, voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R30/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 540/ton te sluit.

 

Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag in Amerika is 52% van die winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 52% winterkoring, wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 1% swakker as die vorige week se toestande en aansienlik swakker as verlede seisoen se 66%, wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.   

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R10/ton laer verhandel om teen R5 620/ton te sluit.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.