On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Taakspan, wat Saai insluit, help behoeftiges met kospakkies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:14 Tue, 19 May 2020

Taakspan, wat Saai insluit, help behoeftiges met kospakkies | News Article
FOTO: Die taakspan wat hulp verleen

'n Taakspan wat bestaan uit die netwerk vir familieboerderye, Saai, Solidariteit Helpende Hand, AfriForum en Laeveld Agrochem het nou sy ligitimiteit gevestig ten opsigte van skenkings van kospakkies en maaltye.


Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê dié netwerk het besluit om betrokke te raak by dié inisiatief omdat boere die mees kwesbare is in landelike gebiede, asook in buitewyke van stede. Daarom is dit belangrik vir Saai om mense wat dalk honger is en op soek na kos is, by plekke waar hulle dit die maklikste kan bekom te ondersteun. Hy sê landelike gebiede moet beveilig word. Daarmee saam is daar boere wat  'n oorskot van landbouprodukte het waarvoor hulle dalk nie 'n goeie prys op markte ontvang nie en dit eerder aan behoeftiges wil skenk. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Saai het talle versoeke ontvang van sy lede en ander familieboere oor die land heen wat dan nie weet waar en aan wie hulle dié oorskotprodukte kan verskaf nie. Dit is vir hulle egter van groot belang dat hul skenkings aan die regte mense, wat werklik in nood verkeer, verskaf word. Met die aanbod wat beskikbaar was, het Saai besluit om die inisiatief aan te pak. 

Hy sê sedert Vrydag is 210 000 Genesis-kitsmaaltye aan meer as 'n duisend behoeftige gesinne in Gauteng, Bloemfontein, en Kaapstad versprei. Dié produk is uniek en elke porsie bestaan uit tussen 50gram en 75gram en bevat tientalle vitamiene en voedingstowwe. Dit is voedsaam vir 'n mens en kom in kleiner verpakkings voor. Groot 10kg sakke word versprei wat 'n gesin van vier vir 'n maand kan voed as elkeen twee keer daagliks eet. Dit is aan kerke en tehuise vir bejaardes en omliggende gemeenskappe versprei.

Hy sê van Saai se kant af ontvang hulle ook besendings van boere wat 'n oorskot van onder meer vrugte soos naartjies en appels bevat, wat dan saam met ander kospakkies versprei word.  

Vir skenkings kan Solidariteit Helpende Hand se insisiatief Josef Silo's se webtuiste besoek word.

Dit was Francois Rossouw, uitvoerende hoof van die organisasie vir familieboerderye Saai.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.