On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Zoetis bied dieregesondheidsoplossings oor 'n groot spektrum

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:19 Tue, 19 May 2020

Zoetis bied dieregesondheidsoplossings oor 'n groot spektrum | News Article

Die vooraanstaande dieregesondheidsonderneming, Zoetis Suid-Afrika, is passievol oor diere asook die veilige en doeltreffende beskikbaarstelling van produkte om dieresiektes, onder meer dié van troeteldiere, te voorkom.


Dr. Liza le Roux, 'n tegniese bestuurder by Zoetis Suid-Afrika, sê daar is 'n verskuiwing deur farmaseutiese maatskappye en veeartse om voorkomende geneeskunde toe te pas, omdat dit  makliker en kostedoeltreffend is om siektes te voorkom eerder as om dit te behandel. Sy sê 'n verskuiwing het plaasgevind na troeteldiere, honde, katte asook perde, wat meer deel is van gesinne se leefwyses. Hulle is, na wat sy verwys, "geselskapdiere" en daarom wil die mens dié dierekinders uiteraard vashou en vertroetel.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat oor Zoetis se gesondheidsoplossings regoor die hele spektrum van diergesondheid....


Sien onderstaande PODCAST


Le Roux sê die leefwyse van die mens met troeteldier is so inmekaar verweef en talle navorsing is al gedoen om hierdie positiewe uitwerking en interaksie as 'n verhoudingsband te demonstreer. Sy sê diere leef langer, want mense  is nou meer bereid om meer te spandeer vir hul troeteldiere se dieët en gesondheidsorg. Dit dra by tot diere se  lewensverwagting wat verbeter het ten opsigte van die situasie in die verlede. "As mense slim wil wees, kan hulle bietjie meer spandeer aan die voorkoming van siektes eerder as die behandeling daarvan."  'n Verskuiwing vind plaas na voorkomende geneeskunde. Entings is een van die belangrikse voorkomingsmaatreëls soos om katgriep in klein hondjies  te voorkom. Zoetis het ook maandelikse parasietbeheermiddels beskikbaar.

Sy sê dié maatskappy fokus op gesondheidsoplossings in dieregesondheid, wat onder meer genetika vir die bepaling en voorspelling van eienskappe van produksiediere, voorkomingsgeneeskunde en behandeling van siektes. Die produkte en dienste vir geselskapdiere fokus op behandeling van pyn en inflammasie wat gepaard gaan met osteo-artritis. Daar is ook 'n produk beskikbaar vir die onmiddellike stop van jeuk en inflammasie wat met vel-allergieë in honde voorkom. Daar is ook 'n omvattende reeks entstowwe op die mark beskikbaar en middele vir bakteriese infeksies. 'n Reeks toerusting en diagnostiese toetse deur Zoetis is ook beskikbaar.

Dit was Liza le Roux, tegniese bestuurder vir Zoetis Suid-Afrika, se Companion Animal span of sogenaamde geselskapdiere.  Skakel Donderdagoggend in op die Agri-Uur wanneer Le Roux verder gesels oor navorsing wat gedoen is oor die band tussen die mens en dier,  wat positiewe gevolge inhou.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.