Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 21:32 Wed, 20 May 2020
Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark bly maar hoofsaaklik onder druk met die aanplantings wat goed vorder en die verwagting van goeie produksie vir die seisoen.
Die mark sal hierdie week die nuutste weeklikse etanolproduksie dophou. Die verwagtinge is dat die weeklikse etanolproduksie hoër behoort te wees as die vorige week se produksie.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is van wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R11/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 482/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14/ton laer verhandel om teen R2 615/ton te sluit.
Sojabone:
Optimisme rakende die sterk Chinese sojaboonaankope ondersteun die internasionale sojaboonmark.
Die Amerikaanse sojaboon, olie en sojaboon oliekoek pryse het ook ondersteuning gevind en het sterker verhandel.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R50/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 490/ton te sluit.
Koring:
Die weerstoestande in Amerika is tans onseker en dit bied ondersteuning aan die Amerikaanse koringpryse.
In die Swartsee-streek is die produksietoestande beter, wat positief is vir die nuwe seisoen se produksieverwagtinge. Dit plaas die nuwe seisoen se Swartsee-pryse egter onder druk.
Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag met die Mei-kontrak wat onder druk gekom het terwyl die maandkontrakte ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R103/ton laer verhandel om teen R5 520/ton te sluit.
OFM-nuus
