On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 21:39 Wed, 20 May 2020

 Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Daar word probeer om sin te maak uit verskeie regerings se hantering van die Covid-19-pandemie. Hy sê ekonomieë in die suidelike deel van Afrika is in kritieke sorg en hoewel dié pandemie ‘n eksterne gesondheid-skok is, het die vraag en aanbod betekenisvol verwring.  Midde dié pandemie moet daar egter verder gekyk word na hoe ‘n herboude land daar moet uitsien. Daar kan nie gewag word dat dié pandemie uitspeel voordat die afgeleide ellendes aangepak word nie.  


Sien onderstaande PODCAST


Indien dié waarheid van toepassing gemaak kan word op die hantering van die Covid-19 pandemie, dan kom dit voor asof regerings lei aan analitiese verlamming. Al hoe meer data met verbeterde integriteit is beskikbaar en dié data word verskillend geïnterpreteer. Aanduidings toon dat besluitnemers hulle dalk so moeg gewerk het aan die analise van dié data dat hulle nie tot aksie kan oorgaan nie. In sekere opsigte word die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglyne gevolg, maar sonder om gehoor te gee aan ander lande wat dalk al verby die toetsfases is van die WGO se vertolking van die feite.  Daar is geen maklike antwoord nie – pragmatisme en vlugvoetige besluitneming is die antwoord.  

Die vraag is waar laat dit Suid-Afrika. Hy meen soos data oor die pandemie gesondheidsorg aan die begin gereël en optrede dikteer het, is daar nou nuwe data beskikbaar oor die impak. Aanvanklik is daar groot geskrik oor die impak van die pandemie op die gesondheid van die bevolking en daar was goeie meriete vir die grendeltyd.  Die hele land kon fokus op ‘n onmiddellike krisis.  Die lewe het egter nie gaan stilstaan nie, en die ekonomie se wiele wat aanvanklik gerem is, het nou implikasies waarvan die negatiewe impak dié wat voorsien is vir Covid-19, gaan oorskadu. Dit is hoe analises werk. Elke keer wat ‘n model toegepas word, werk dit beter omdat nuwe data ingevoer is. Waar die staat aanvanklik die statutêre vermoë gehad het om inperkings  af te dwing, is dit duidelik dat dieselfde regering uit voeling is oor hoe om die samelewing weer te rat.


OFM-nuus



 

PRESENTER OUTRO: Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat het.



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.