Agri Hour
Zoetis neem leiding in dieregesondheid─── CHRISTAL-LIZE MULLER 21:48 Wed, 20 May 2020
Talle navorsing is beskikbaar oor die voordele van 'n noue band tussen die mens en troeteldiere.
Zoetis Suid-Afrika, 'n toonaangewende multinasionale dieregesondheidsonderneming, het jare se ondervinding in dieregesondheid. Dr. Liza le Roux, 'n tegniese bestuurder by Zoetis, sê daar is verskeie navorsingsprojekte oor troeteldiere, wat as geselskapdiere beskou word. Dié band hou talle voordele vir die mens in. Juis daarom word dit aanbeveel dat mense meer spandeer aan die voorkoming van dieresiektes eerder as die behandeling daarvan. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Le Roux gepraat....
Sien onderstaande PODCAST
Zoetis fokus op die navoring van medisyne, entstowwe en diagnostiese produkte en om dit te ontwikkel, te vervaardig en te versprei. Le Roux sê die fokus is dus op gesondheidsoplossings oor 'n wye spektrum van dieregesondheid. Dit sluit in genetika vir die bepaling van die eienskappe van produksiediere, voorkomingsgeneeskunde en diagnostiek asook die behandeling van dieresiektes. Sy sê produkte en dienste vir geselskapsdiere fokus op behandeling van pyn en inflammasie wat gepaard gaan met osteo-artritis. Daar is ook 'n produk beskikbaar vir die onmiddellike stop van jeuk en inflammasie wat met vel-allergieë in honde voorkom. Daar is ook 'n omvattende reeks entstowwe op die mark beskikbaar en middele vir bakteriese infeksies. 'n Reeks toerusting en diagnostiese toetse deur Zoetis is ook beskikbaar. Sy sê Simparica is 'n produk wat ook uitstaan ten opsigte van die beheer van vlooie, bosluise en miete op troeteldiere.
Dit was Liza le Roux, tegniese bestuurder vir Zoetis Suid-Afrika se span wat verantwoordelik is vir Companion Animals.
OFM-nuus
