On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:40 Mon, 25 May 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie Verslag word deur Graan SA (gSA) beskikbaar gestel.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in die Julie- én September-kontrakte.

Sirië het Vrydag 'n internasionale tender uitgesit om ongeveer 51 000 ton se mielies aan te koop vir invoerdoeleindes.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande, wat tans gelys is van wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R38/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 410/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R30/ton laer verhandel om teen R2 548/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in die Julie- én Augustus-kontrakte.

China is steeds 'n groot koper van sojabone wat die internasionale pryse ondersteun, maar die handel tussen China en Amerika is steeds gespanne.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R123/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 287/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit in al drie die Amerikaanse koringmarkte.

Die mark het onder druk gekom met die produksietoestande in Amerika asook Europa wat meer gunstig is.

Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met die naby maandkontrak wat ondersteuning gevind het, terwyl die verdere maandkontrakte onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R22/ton hoër verhandel om teen R5 540/ton te sluit.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.