Agri Hour
VL se landbouverenigings ondersteun plaaslike gemeenskappe─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:32 Tue, 26 May 2020
Vrystaat Landbou (VL) en sy lede in onderskeie landbouverenigings oor die land heen, in samewerking met landboubesighede, voorsien hulp op grondvlak aan onderskeie gemeenskappe wat in kosnood verkeer.
Dit is weens die negatiewe impak van die Covid-19-pandemie. So sê Francois Wilken, president van VL, wat meen dié organisasie se onderskeie landbouverenigings in hul betrokke gemeenskappe spreek mense se behoeftes aan. Landboubesighede is ook betrokke by hulpskemas want hulle het die infrastruktuur om dit te hanteer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Hy verwys ook na WhatsApp-groepe wat oor die land heen beskikbaar gestel is, waar verbruikers aangemoedig word om direk by boere produkte aan te koop. Wilken meen dit is 'n stap in die regte rigting om die ketting van die boer se plaashek tot by die verbruiker te verkort. Voordeel kan sodoende daaruit getrek word en die boer asook die verbruiker kan beter pryse ontvang omdat die ketting verkort word.
Hy sê Vrystaat Landbou poog ook om 'n plan in werking te stel in die komende paar maande, wat so 'n organisasie in plek wil stel om die landboubedryf meer betrokke by die bemarking van produkte te kry. Dit is egter nie altyd vir 'n produsent moontlik om op kleinskaal die bemarking van produkte te doen nie. Wilken sê dit moet georganiseerd plaasvind en hulle wil hande vat met mense wat bemarkingsgerig is en dan ondersteuning te bied waar moontlik.
Dit was Francois Wilken president van Vrystaat Landbou (VL) slegs op die Agri-Uur.
OFM-nuus
Vrystaat Landbou se onderskeie landbouverenigings ondersteun plaaslike gemeenskappe
Vrystaat Landbou (VL) en sy lede in onderskeie landbouverenigings oor die land heen, in samewerking met landboubesighede, voorsien hulp op grondvlak aan onderskeie gemeenskappe, wat in kosnood verkeer. Dit is weens negatiewe impak van die Covid-19-pandemie. So sê Francois Wilken, president van VL, wat meen dié organisasie se onderskeie landbouverenigings in hul betrokke gemeenskappe spreek mense se behoeftes aan. Landboubesigheide is ook betrokke by hulpskemas want hulle het die infrastruktuur om dit te hanteer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
(VIR DIE WEB: Hy verwys ook na WhatsApp-groepe wat oor die land heen beskikbaar gestel is, waar verbruikers aangemoedig word om direk by boere produkte aan te koop. Wilken meen dit is 'n stap in die regte rigting om die ketting van die boer se plaashek tot by die verbruiker te verkort. Voordeel kan sodoende daaruit getrek word ten die boer asook die verbruiker kan beter pryse ontvang omdat die ketting verkort word.
Hy sê Vrystaat Landbou poog ook om 'n plan in aksie te plaas oor die komende paar maande wat hulle dié organisasie wil in plek stel om die landboubedryf meer betrokke te by die bemarking van produkte te kry. Dit is egter nie altyd vir 'n produsent moontlik om op kleinskaal die bemarking van produkte te doen nie. Wilken sê dit moet georganiseerd plaasvind en gaan hande wil vat met mense wat bemarkinggerig is en dan ondersteuning te bied waar moontlik. )
PRESENTER OUTRO: Dit was Francois Wilken president van Vrystaat Landbou (VL) slegs op die Agri-Uur.
