On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Goeie mielieoes kan skuldvlakke verminder - #Senwes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:20 Wed, 27 May 2020

Goeie mielieoes kan skuldvlakke verminder - #Senwes | News Article

Die verwagte goeie Suid-Afrikaanse mielie-oes is 'n geldelike inspuiting vir primêre boere.


Dit is volgens Francois Strydom, die Senwes-groep se uitvoerende beampte, wat meen die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se jongste oesskatting toon dat die land dié seisoen die tweede grootste nasionale mielieoes nóg kan lewer. Dit is in die omgewing van 15,3 miljoen ton. Hy sê die belang daarvan is dat die totale omset van die nasionale oes sowat R37 miljard kan oplewer. Dit kan positief wees vir boere en die res van die waardeketting om hul skuldvlakke onder beheer te kry, en ook uit te reik na mense in nood weens die impak van die Covid-19-pandemie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Skuldvlakke moet nie uitgesluit word nie en na verwagting kan daar dié seisoen ten minste 300 basispunte se verligting aan skuldvlakke wees. Met R200 miljard se skuldvlakke kom dit neer op R5 miljard tot R6 miljard se skuldverligting. Daarmee saam is brandstofkoste laer wat beteken dat die oes teen laer kostes van landerye afgehaal kan word. Strydom sê die netto-effek hiervan is dat inkomstevlakke baie goed is. Produsente het natuurlik skuldvlakke wat hulle moet delg, maar dit is 'n gulde geleentheid om dié vlakke onder beheer te kry en ook na arm mense uit te reik, veral ten opsigte van die negatiewe impak van die Covid-19-pandemie, sê hy.  

Juis daarom het Senwes sy Agri Value Chain Food Umbrella-projek bekendgestel. Strydom sê Senwes besef eerstehands die nood waarin talle gemeenskappe in Suid-Afrika verkeer. Die vlak van armoede is oorweldigend. Hy sê daarom wil Senwes, wat in die voedsel- en waardeketting is, hulp verleen met dié projek. Vrywillige skenkings kan deur boere gedoen word. Mielies kan geskenk word, maar enige ander produkte ook.  

Senwes doen derhalwe 'n beroep op boere wat by hierdie inisiatief baat kan vind, om betrokke te raak en 'n paar ton van hul oes aan die waardige insiatief te skenk. Sodra boere hul skenkings aan die ACV Food Umbrella-rekening gemaak het, sal Senwes se silo's die geskenkte mielies ontvang, hanteer en berg. Senwes se logistieke filiaal, Grainovation, sal dan die vervoer borg en die geskenkte mielies vanaf die silo's aan die meulenaars versprei. Die meulenaars sal die mielies gratis verwerk en verpak, waarna Senwes die verspreiding van die mielies na ouetehuise, voedingskemas en plaasskole sal fasiliteer.

Senwes het die AVC Food Umbrella 418688-rekening geopen met 'n ruim skenking met 14 000 5kg sakkies mieliemeel wat aan behoeftiges uitgedeel gaan word. Hierdie skenking sal voldoende wees om 158 730 mense te voed.

Besoek Senwes se webtuiste vir meer inligting.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.